In die Skriflig (May 1977)

Evaluering van ons volkereverhoudingssituasie in die huidige tydsgewrig

  • J. H. Coetzee

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v11i44.1118
Journal volume & issue
Vol. 11, no. 44
pp. 28 – 33

Abstract

Read online

Suid-Afrika se kommer oor sy veiligheid en oor ’n vreedsame toekoms staan grotendeels in verband met die vrees dat die verhouding tussen die etniese komponente van sy bevolking steeds versleg. Hierdie onsekerheid is erg verhoog sedert die val van die Portugese gesag in Mosambiek en Angola. Die toenemende gewelddadige botsing tussen Swart bevrydingsgroepe en die res van die Rhodesiese bevolking tesame met die mislukkings om ’n vreedsame skikking teweeg te bring, lewer ook ’n belangrike bydrae hiertoe.