Social Work/Maatskaplike Werk (Mar 2013)

DIE PERSEPSIES EN ROL VAN MAATSKAPLIKE WERKERS TEN OPSIGTE VAN MENSEHANDEL

  • Yolanda Mynhardt,
  • Herman Strydom

DOI
https://doi.org/10.15270/49-1-74
Journal volume & issue
Vol. 49, no. 1
pp. 1 – 16

Abstract

Read online

Maatskaplike werkers behoort ʼn belangrike rol te speel in dienslewering aan slagoffers van mensehandel en om hulle in aanraking te bring met die nodige hulpbronne. In hierdie ondersoek is die kennis en persepsies van maatskaplike werkers van verskillende organisasies ingewin ten einde vas te stel wat maatskaplike werkers se persepsies oor mensehandel is en wat hulle as hul rol in die bekamping van mensehandel beskou. In hierdie verkennende studie word die probleemstelling eerstens aangebied, waarna die navorsingsvrae, doelstelling en doelwitte ter sprake kom. Die benutte navorsings-metodologie binne die kwalitatiewe paradigma word hierna bespreek voordat die bevindinge aangebied word. Die bevindinge word in ʼn aantal temas en sub-temas verwoord, waarna die bespreking van die bevindinge, die aanbevelings en ʼn samevatting ter sprake kom.