Scientia Militaria (Feb 2012)

UITDAGINGS AAN DIE LEIERSKADER VIR DIE ONTWIKKELING VAN DIE MENSEKRAGTE VAN DIE SA WEER MAG VIR DIE JAAR 2000 PLUS

  • R Eberlein

DOI
https://doi.org/10.5787/21-4-337
Journal volume & issue
Vol. 21, no. 4

Abstract

Read online

Die leier in die SA Weermag (SAW) verkeer werklik in 'n bevoorregte posisie. Met leiers word bedoel persone op veral die middelbestuurs- en toesighouersvlakke, hetsy offisier, adjudant-offisier of onderoffisier. Nie alleen staan hy midde-in seker die opwindendste tydperk in die geskiedenis van ons land nie, maar daarby het hy die voorreg om deel te neem aan die veranderings en uitdagings, wat gestalte sal gee aan die SAW van die jaar 2000 plus. Hy het ook die geleentheid om tot die vorming van die enkel belangrikste faktor van die SAW van daardie tyd: die mens, by te dra. Dit is onnodig om in besonderhede die verrykende veranderings van die jaar 1990 uiteen te sit. Veranderings soos die wat strek vanaf die Staatspresident se verklarings van 2 Februarie 1990, na onderhandelings waarop die toekoms van die Republiek berus, tot stakings, omus en onlus wat blykbaar orals uitbreek, om van die verwikkelinge in die Midde-Ooste nie eens te praat nie! Die massamedia propageer elke dag hulle weergawes daarvan. Dit is seker voldoende om te se dat die Sjinese vloek: "Mag u in interessante tye leef" uiters toepaslik is.

Keywords