Scientia Militaria (Feb 2012)

'Ragtime Soldiers: The Rhodesian experience in the First World War'

  • Jan Ploeger

DOI
https://doi.org/10.5787/12-3-615
Journal volume & issue
Vol. 12, no. 3

Abstract

Read online

Hierdie werk, wat deur 'n jong akademikus geskryf is, sal aan die verwagtings van hulle teleurstel wat 'n wetenskaplik-verantwoorde militêre- historiese publikasie verwag. Dit was nie die doel wat die outeur beoog het nie. Hy wou, omdat hy getref was deur die mate van onbekendheid in sy land aangaande die deelname van Rhodesië aan die Eerste Wêreldoorlog, daardie leemte op 'n populêre wyse aanvul. Sover afgelei kan word het hy beskikbare argiewe en die dagbladpers van die jare 1914- 1918 met vrug geraadpleeg en verwerk. Waarin hy veral geslaag het, is sy lewendige verhaaltrant wat die leser in sy verbeelding terugvoer na gebeurtenisse wat vandag grotendeels vergeet is, na persoonlike ervarings van deelnemers aan die uitputtingsoorlog in die destydse bosoorlog in Oos-Afrika en die worstelinge in die loopgrawe aan die wesfront in Europa. Dit is 'n boek vol atmosfeer en wisselende stemmingsbeelde, politiek en militer aan die tuisfront, militer aan die onderskeie fronte waar Rhodesiers geveg het.

Keywords