In die Skriflig (May 1979)

Die kerstening van strukture

  • L. Floor

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v13i49.782
Journal volume & issue
Vol. 13, no. 49
pp. 16 – 26

Abstract

Read online

Daar is in ons tyd orals in die wêreld ’n algemene gevoel van onbehae met betrekking tot die bestaande orde. Die ontwikkelingslande kyk met ’n gevoel van afguns na die ryk geïndustrialiseerde lande van die Weste om in die welvaart wat daar geniet word te deel. In die ryk lande is mense egter nie tevrede met wat hulle verwerf het nie. Die bestaande orde word as onregverdig ervaar en steeds ernstiger klink die roep dat die samelewing moet verander. Die wêreld — of dit nou die Ooste of die Weste is of waar ook al — is vasgevang in verkeerde strukture. Daardie strukture moet verander word. Waar christene met hierdie probleem worstel, daar word gespreek van kerstening van die strukture.