Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1968)

Die Republiek van Suid-Afrika in die veranderde wêreld

  • H. Muller

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v35i4.1392
Journal volume & issue
Vol. 35, no. 4

Abstract

Read online

Die tema van my referaat is die Republiek van Suid-Afrika in die veranderde wêreld. Dis ’n baie wye onderwerp en ek sal slegs sekere aspekte daarvan kan behandel. Ter inleiding wil ek kortliks stilstaan by die sogenaamde veranderde wêreld. Suid-Afrika se regstreekse optrede op die internasionale terrein dateer vir praktiese doeleindes van die skepping van die Departement van Buitelandse Sake in 1927 af. In daardie beginjare was ons optrede betreklik beperk en in ’n groot mate bepaal deur ons lidmaatskap van die destydse Britse Gemenebes.