Curationis (Sep 1980)
Die hart van verpleging
Abstract
Die wêreld van die mens het grense. Elke landskap het grense. Dit is juis die begrensdheid daarvan wat dit afbaken, spesifiek maak, binne die gesigsveld en waarnemingsvermoëns van die mens plaas, sodat hy dit kan leer ken en begryp. Dit is dus die grense wat die wêreld kenbaar en interpreteerbaar, daarom veiliger maak, en aan die mens die moontlikheid bied om perspektief te kry.