Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Feb 1979)

Kan Calvinistiese beginsels tot algemeen geldige kennis lei?

  • O. J. van Schalkwyk

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v44i2.1109
Journal volume & issue
Vol. 44, no. 2

Abstract

Read online

Vollenhoven maak in sy werk Geschiedenis der Wijsbegeerte (1950, p.40) die belangrike stelling dat alle skepsele sowel ’n universele (of algemeengeldige) as ’n individuele sy vertoon, en dat dié twee sye altyd en oral tegelyk voorkom as twee gelykwaardige kante. Elke skepscl vertoon dus die ontiese grondtrek van universaliteit én individualiteit. Dit is een grondtrek met twee gelyktydige en gelykwaardige sye.