Literator (May 1983)

Taalverwerwing (vreemde taal): neurofisiologiese beskouinge

  • M. J.H. du Plessis

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v4i2.957
Journal volume & issue
Vol. 4, no. 2
pp. 1 – 9

Abstract

Read online

Die kliniese en fisiologiese belangslelling in taal het begin met die pionierswerk van Paul Broca (1824-1888) (Bouton, 1974 : 115, 153) wat in 1860 ontdek het dat die motorise spraaksentrum in die derde linkervoorhoofs- winding van die brein gelokaliseer kan word. Die werk van Broca het daartoe gelei dat ’n kliniese belangstelling in taal onlstaan het, om dat daar spoedig besef is dat taal ’n gegewe bied, ’n eenheid vorm wat groot moontlikhede inhou vir kliniese waarneming en studie. By die idee van taal as kommunikasiemedium ontstaan ook die besef van taal as ekspressie, as gebaar of verlengstuk van die liggaam wat daarop ingestel is om in te lig. Taal is dan dit wat uit die mens voortkom wanneer hy hom wil uitdruk of veruitwendig, wanneer hy wil inlig of kommunikeer. Sodra hierdie materie van die geuite taal tot ons kom, kan ons die intrinsieke waarde daarvan bestudeer deur op die spraak in sy ontwikkeling te let. Die gesproke taal kan dus vanuit ’n psigo-fisiologiese kant bekyk word.