Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1963)

Wiskunde en spel

  • H.J. Schutte

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v31i2.1458
Journal volume & issue
Vol. 31, no. 2

Abstract

Read online

Die Wiskunde het nog steeds in die hiërargie van die wetenskappe ’n besondere plek geliad. Hiertoe dra by sowel sy besondere studie-objekte as die metodes wat by sy bestudering aangewend word, en bowendien ook die motiewe wat by die wiskundige ’n rol speel in die beoefening van sy vak. Die drang na onbetwisbare kennis is ’n vername beweegrede vir ondersoekingswerk by alle wetenskaplikes, insluitendc die wiskundige. Met die opkoms van die tegniek het die strewe na mag in toenemende mate die grondmotief vir fundamentele ondersoek geword, en ook aan hierdie strewe doen die wiskundige mee, al kom dit meer indirek tot uiting in die uiteindelike toepassingsgebiede van die Wiskunde en is dit nie in die onmiddellike suiwer wiskundige bedrywigheid so duidelik merkbaar nie.