Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1969)
Die bou van die opvoedkunde aan ons universiteit
Abstract
Die ontwikkeling van die Opvoedkunde aan ons Inrigting het in twee aaneensluitende rigtings gegaan: die een het uit die ander en daarna ewewydig of voorbereidend aan die ander ontwikkel. Die eerste wat ontstaan het, is die rigting van die opleiding van onderwysers, en die ander die rigting van die opleiding vir akademiese grade in die Opvoedkunde (die Baccalaureus, die Magister en die Doctor).