In die Skriflig (Jun 1980)

Die aard van die persoonlike toespitsing van die heil in die Heidelbergse Kategismus (’n steekproef)

  • H. Dijkstra

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v14i56.776
Journal volume & issue
Vol. 14, no. 56
pp. 40 – 53

Abstract

Read online

Die begin, die inset, die uitgangspunt van denke en doen is (ook teologies) van die grootste betekenis. Daar is ’n samehang en wisselwerking tussen begin en einde, uitgangspunt en doelstelling. Daarom kan dit nuttig wees om jou krities op jou uitgangspunt te besin. Kan wie begin met die vraag: ‘Of ek met sekerheid weet of ek hemel toe sal gaan as ek vannag te sterwe sou kom?’, al is dit ’n diagnose-vraag, daarna nog uitkom by die bybelse boodskap van die Koninkryk van God volgens sy bybelse struktuur, m.a.w. by die Koninkryk van God wat nie eers deur my uitgangspunt begrens is nie?