In die Skriflig (Apr 2013)

Institusionalisme – springlewendig in die kwynende Afrikaanse Gereformeerde kerkpraktyk

  • Sophia van Helden

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v47i1.87
Journal volume & issue
Vol. 47, no. 1
pp. e1 – e13

Abstract

Read online

In hierdie artikel word die institusionalistiese denkwyse (I-denke) as dominante denkwyse in die krimpende tradisioneel-Afrikaanssprekende Gereformeerde kerke bespreek. I-denke toon ’n denkwanbalans wat weerspieël word in die huidige ongebalanseerde en ongesonde kerkpraktyk. Die onwaarskynlikheid van organiese groei binne die huidige ekklesiologiese wanbalans, word belig deur te fokus op navorsing binne die Gereformeerde Kerk van Suid Afrika (GKSA)-kerkpraktyk, as een van die drie gereformeerde susterskerke. Die bevindings dui op die noodeisende toestand binne die tradisionele ekklesiologie. Die Christosentriese denkparadigma word as gebalanseerde korrektief aan die hand van die groot opdrag uiteengesit (maak dissipels van alle nasies) uiteengesit, as sleutel vir die daarstel van gesonde omstandighede ter wille van kerkgroei. Denke as die belangrikste ekklesiologiese oorsaak van kerkkrimping, kan deur denkverandering teëgewerk word ten einde verdere krimping van die susterskerke teë te werk. Institutionalism – alive and well in the declining Afrikaans reformed church practice. This article discusses institutionalism as the dominant paradigm (I-paradigm) among the declining traditional Afrikaans speaking Reformed churches in South Africa. The I-paradigm portrays imbalanced thinking prevailing in the current unhealthy church practice. The improbability of natural growth within the recent ecclesiastic imbalance, is highlighted by focusing on a study within the church practice of the Reformed Curch of South Africa (RCSA) – one of the three reformed sister churches. Conclusions drawn from the study emphasise the serious conditions of this traditional ecclesiology. The Christ centered paradigm, as balanced corrective, is discussed in line with the great commission (disciple the nations) as key to creating healthy circumstances in order to realise church growth in the long run. Thinking, as the most important ecclesiological factor causing church decline, can be changed, thus preventing further decline of the sister churches.

Keywords