Tydskrif vir Letterkunde (Apr 2016)
Skadu oor die sonwyser/Kobus Lombard
Abstract
Skadu oor die sonwyser (2015) is Kobus Lombard se vierde bundel. Die titel skakel op metaforiese wyse met die verbygaan van alle bestaande (menslike en niemenslike) dinge en word geassosieer met ’n skemer- of oorgangstyd. Die metaforiese betekenis van “skadu oor die sonwyser” word tematies in die gedigte van die ses afdelings uitgewerk met verwysing na verskillende onderwerpe soos kindwees en bejaardheid—vergelyk “Kind met ’n tuinslang” (29).