Curationis (Sep 1979)
Die hart van verpleging
Abstract
Die lewe van die mens spreek van beweging, van op pad wees. Op sy reis deur die lewe staan hy altyd op die drumpel van die onbekende toekoms. Al gaan dit hoe voorspoedig is die belewing van onsekerheid sy altyd teenwoordige metgesel en is een van sy diepste hunkeringe die na geborgenheid.