Curationis (Sep 1980)
Die etiek - eerbied vir die mens se lewe
Abstract
Wat beteken die woord Etiek? Afgelei van die Griekse woord Ethos, dui dit op die morele of sedelike gebruik. Dit word gestel as: die wetenskap en beginsels van morele gedrag of sedelike norme. Dit is dus ’n sedeleer. Vir ons is dit ’n uiting van ’n gefundeerde gewete.