Curationis (Sep 2003)

Akademiese sukses van eerstejaar studentverpleegkundiges aan ‘ n verplegingskollege Deel 1: Faktore wat akademiese sukses beïnvloed

  • MJS Williams

DOI
https://doi.org/10.4102/curationis.v26i2.770
Journal volume & issue
Vol. 26, no. 2
pp. 4 – 10

Abstract

Read online

Muller (1991:43) dui aan dat 30 % van eerste jaar studentverpleegkundiges jaarliks druip. Dit blyk dat hierdie tendens ook waameembaar is by ‘n verplegingskollege wat in ‘n militêre milieu funksioneer. Nieteenstaande die streng keuringsproses wat akademiese-, militêre - en verpleegkundige kriteria insluit, is ‘n gemiddeld van 44% van eerstejaar studentverpleegkundiges wat die 4 jaar diploma- kursus deurloop, akademies onsuksesvol.