Scientia Militaria (Feb 2012)
Suid-Afrika se rol in twee Wêreldoorloë
Abstract
Die Eerste Wêreldoorlog. Die oorlog wat in Augustus 1914 in Europa uitgebreek het, sou 'n diepgaande invloed op Suid-Afrika se toekoms uitoefen. Op 31 Mei 1910 het die Unie van Suid-Afrika as 'n selfregerende Dominium van die Britse Ryk tot stand gekom. Met die uitbreek van die oorlog, het Groot Brittanje, in alliansie met Frankryk teen Duitsland, die Suid-Afrikaanse aanbod aanvaar dat troepe verskaf sou word ten einde die Britse garnisoene in Suid-Afrika vry te stel vir diens elders in die oorlog teen Duitsland. Die Unie het ook, op versoek van Groot Brittanje, ingewillig om Suidwes-Afrika, wat toe 'n Duitse kolonie was, te neutraliseer.
Keywords