In die Skriflig (Jun 1992)

Taalgebruik in godsdiensuitsendings

  • H. du Plessis

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v26i3.1427
Journal volume & issue
Vol. 26, no. 3
pp. 419 – 422

Abstract

Read online

Om oor ’n onderwerp soos die taalgebruik by die bediening van die Woord van God te gesels is moeiliker as wat dit by die eerste ja-sê gelyk het. Moeiliker nog as jy so voortvarend is om voor te gee dat jy iets van godsdiensuitsending weet. Aan die ander kant; ek het gemeen dit gaan tog maar net oor kommunikasie, en oor die feit dat taal die duidelikste en die voor die hand liggendste manier van kommunikasie is. Dit is egter as ’n mens jou gedagtes oor die onderwerp wil begin orden dat jy agterkom in watter wildernis jy jou bevind. Jy loop in die eerste plek die gevaar dat jy aardse uitsprake kan maak in aardse woorde oor ’n saak wat juis hoër as die aarde lê; jy loop die verdere gevaar dat jy as onopgeleide vir die teologies opgeleides wil kom sê hoe hulle iets moet kommunikeer wat veel, veel meer is as ’n blote stuk vakinhoud. Dus moet jy jouself die reg, en die wete, aanmatig dat jy weet hoe om dit wat jy self maar net op die geloof af hoop, aan ander te verduidelik. Dit gaan daarom nie net om kom­ munikasie nie, dit gaan juis om die soort kommunikasie wat groter is as woorde, dit gaan om die oopmaak van die diepste binnekant van ons menswees hier op aarde. En dan uiteindelik om hierdie oopmaak oor ’n medium waar die gehoor onweetbaar groot en divers is.