South African Journal of Communication Disorders (Dec 1997)

Spraakdiskriminasie by bejaarde gehoorapparaatgebruikers

  • Liza van Wyk,
  • Isabel Uys,
  • Maggi Soer

DOI
https://doi.org/10.4102/sajcd.v44i1.231
Journal volume & issue
Vol. 44, no. 1

Abstract

Read online

In hierdie studie is die invloed van veroudering op die spraakdiskriminasievermoe van bejaarde gehoorapparaatgebruikers ondersoek. 'n Opname-metode is gebruik en dertig proefpersone, met dieselfde graad van perifere gehoorafname, is in twee groepe van vyftien persone elk verdeel. Groep 1 het bestaan uit bejaarde gehoorapparaatgebruikers wat geen of geringe spraakdiskriminasieprobleme ervaar, terwyl Groep 2 ernstige spraakdiskriminasieprobleme ervaar. 'n Verskeidenheid toetse, naamlik die Sintetiese Sinsidentifikasietoets, die Verspringende Spondeewoordtoets en die aanbieding van monosillabiese woorde tesame met 'n ipsi-kompeterende spraakboodskap, is gebruik om hul spraakdiskriminasievermoe in verskillende luistersituasies te bepaal. 'n Selfevaluasieskaal is ook deur die bejaardes voltooi.Die resultate van hierdie studie toon dat die verouderingsproses en die effek hiervan op veral sentrale ouditiewe prosessering, bydra tot die kompleksiteit en uiteenlopendheid van bejaarde gehoorapparaatgebruikers se spraakdiskriminasieprobleme. Die resultate beklemtoon verder die noodsaaklikheid van volledige intervensieprogramme vir bejaarde gehoorapparaatgebruikers.

Keywords