Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1963)
Ekonomiese ontwikkeling en samewerking in Afrika*
Abstract
Gedurende die afgelope dekade het verreikende konstitusionele veranderinge in Afrika plaasgevind, en daar is vandag meer as dertig state in Afrika onafhankelik, teenoor slegs vier in 1954, naamlik Egipte, Ethiopië, Liberie en Suid-Afrika. Benewens die mandaatgebied Suidwes- Afrika, wat ’n ekonomiese eenheid met die Republiek van Suid-Afrika vorm; die Britse Kolonies Kenia, Suid- Rhodesië en Gambië; ses protektorate Basoetoland, Betsjoeanaland, Noord-Rhodesië, Njassaland, Swaziland en Zanzibar-Pemba en oorsese provinsies van Europese lande, nl. die Portugese Angola, Mosambiek en Guinee, en Spaans-Guinee, Ifna en Spaans Sahara, Centa en Mililla, en Frans Somaliland, is daar tans die volgende onafhanklike gebiede: Boeroendi, Ethiopië, Libië en Marokko, wat monargieë is; Algerië, Dahomie, Egipte, Gaboen, Ghana. Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kongo (Leopoldstad), Kon go (Brazzastad), Liberië, Malagassie (Madagaskar), Mali, Mauritanië, Niger, Roeanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Somalië, Suid-Afrika, Tanganjika, Togo, Tsaad en Tunisië, wat republieke is; en Sierra Leone, Nigerië en Oeganda, wat as statebondslande dominiumstatus het.