In die Skriflig (May 1979)

Etiek — Wetenskap van relasies

  • S. P. van der Walt

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v13i50.789
Journal volume & issue
Vol. 13, no. 50
pp. 4 – 12

Abstract

Read online

Daar word ernstig gespreek oor die Etiek in die kader van sogenaamde menswetenskappe, humaniora, en dan tref ons dit aan in die verband van Teologie, Wysgerige besinning en vakwetenskaplike denke. Vraagtekens verrys net so vinnig as wat hierdie verskillende kaders, onderskeidinge, nuanseringe voorgestel word. Is dit so? Kan ons en mag ons spreek van sodanige onderskeidinge in die Etiek en is ons uitgangspunt hier nie verkeerd, juis omdat ons die Teologie as ’n besondere soort wetenskap, as die koningin van die wetenskappe, sien nie?