In die Skriflig (Dec 2012)

Die belang van die verrekening van metateoretiese vertrekpunte vir prediking en wetenskaplike navorsing in Homiletiek

  • Fritz W. de Wet,
  • Hennie J.C. Pieterse

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v46i2.106
Journal volume & issue
Vol. 46, no. 2
pp. e1 – e9

Abstract

Read online

Hierdie artikel vorm deel van die tweede fase van die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in Praktiese Teologie. Die probleem wat ondersoek word, het te doen met die onvermoë om rekening te hou met verskuiwings in die onderliggende metateoretiese voorveronderstellings in die praksis van prediking, sowel as in die aanpak van wetenskaplike navorsing in die vakgebied van Homiletiek. Ons fokus op die invloed van metateoretiese voorveronderstellings in die kommunikatiewe dimensie van werklikheidsbeskouing, hermeneutiese beskouinge rakende die kommunikatiewe veld wat werksaam is tydens die homiletiese proses, asook op die verrekening van wetenskapsteoretiese beskouinge met die oog op ’n verantwoordelike uitvoer van die wetenskaplike taak. Die artikel kulmineer in ’n beskrywing van hoe een van die navorsers ’n voorbeeld van sy eie onlangse homiletiese navorsing rakende profetiese prediking in ’n konteks van armoede interpreteer, wanneer die onderliggende metateoretiese standpunte eksplisiet verreken word. The importance of reckoning with metatheoretical assumptions in preaching and scientific research in Homiletics. This article forms part of the second phase of the research project Metatheoretical assumptions in Practical Theology. The research problem has to do with the inability to reckon with shifts in underlying metatheoretical assumptions in the praxis of preaching as well as in embarking on scientific research in the field of homiletics. We focus on the influence of metatheoretical assumptions in the communicative dimension of worldview, hermeneutic notions regarding the communicative field at work in the homiletic process and theoretical notions underlying the researcher’s approach in complying with the scientific task of homiletics in a responsible manner. The article culminates in a description of one of the researchers’ interpretation of an example of his own recent research in prophetic preaching in a context of poverty when the underlying metatheoretical assumptions were explicitly reckoned with.

Keywords