In die Skriflig (Jul 2007)

Editorial

  • Editorial Office

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v41i2.301
Journal volume & issue
Vol. 41, no. 2

Abstract

Read online

Met trots bied ons die tweede uitgawe van In die Skriflig van 2007 aan. Ek wil dadelik van die geleentheid gebruik maak om ons administratiewe personeel, met Susan Lourens aan die spits geluk te wens met die puik tegniese afronding van die tydskrif. In die Skriflig het sy plek ingeneem as een van die bekende en wyd- verspreide teologiese tydskrifte in Suid-Afrika. Die publikasie van navorsing in wetenskaplik geakkrediteerde tydskrifte neem toe en daarmee saam debatte, interaksie en nuwe standpuntvorming. In die Skriflig wil steeds poog om in hierdie milieu ’n reformatoriese perspektief te stel. Hierdie perspektief moet wortel in die hoofstroom gereformeerde teologie wat sedert die Reformasie ontwikkel het en nie versand in fundamentalisme of sekularisering nie.