In die Skriflig (May 1967)
Grepe uit die lewenstaak van ds. S. J. du Toit
Abstract
Onlangs het ondergetekende ’n met potlood geskrewe brief van ds. S. J. du Toit, wat hy op 5 Julie 1910 aan sy broer Daan, die bekende Oom Lokomotief van di Patriot, gerig het in ’n ou nommer van ‘Stemmen des Tijds’ gevind. Hierdie brief is in meer as een opsig van historiese waarde. Dit is bekend dat tussen ds. Du Toit en sy broer destyds as gevolg van politieke verskille 'n verwydering ontstaan het wat gelei het tot die uittrede van Oom Lokomotief uit di Patriot. Alle bande is daarmee egter nie verbreek nie.