Curationis (Sep 1985)
Orientation
Abstract
Oriëntasie van ’n nuwe werknemer is noodsaaklik om angs te verlig en om horn/ haar van die inligting wat nodig is vir bevredigende werksverrigting te voorsien. Orientasieprogramme moet aangepas word by die spesifieke behoeftes van elke nuwe werknemer. Daar kan onderskei word tussen makro- en mikro-oriëntasie. Eersgenoemde behels inligting oor die hospitaal as geheel en behoort deur die streeksmatrone behartig te word. Mikro-oriëntasie vind in die saaleenheid plaas en is die suster-in-bevel se verantwoordelikheid. Die skrywer gee verskeie riglyne vir geslaagde oriëntasie.