Tydskrif vir Letterkunde (Apr 2016)

Donker spoor/Martin Steyn

  • Nadine Hamman

DOI
https://doi.org/10.4314/tvl.v53i1.26
Journal volume & issue
Vol. 53, no. 1

Abstract

Read online

“Dis altyd asof daar n lig in n ouer uitgedoof word wanneer ’n kind vermoor word,” lui die openingsparagraaf op die agterblad, ’n aanhaling uit Donker spoor, Martin Steyn se debuutroman. 'n Sensitiewe leser sal nie ywerig wees om hierdie boek te lees na aanleiding van die teks op die agterblad nie; ’n krimmieleser sal weer nie kan wag om die boek oop te slaan nie. Eersgenoemde mag dalk bang wees dat sy uit die slaap gehou sal word—en nie om dowe neute nie. ’n Reeksmoordenaar wat tienermeisies ontvoer, martel en verkrag, klink nie na ideale ontspanningslektuur nie.