Scientia Militaria (Feb 2012)

DIE STIGTING EN WERKSAAMHEDE VAN DIE "NEDERLANDSCH BIJSTANDSFONDS VOOR ZUID-AFRIKA" (1900-1903)

  • Jan Ploeger

DOI
https://doi.org/10.5787/23-1-318
Journal volume & issue
Vol. 23, no. 1

Abstract

Read online

Die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902) het byna drie jaor gewoed. Die Britsemilitêre verliese is, afgerond, op ongeveer 7 000 gesneuweldes en 20 000 gewondes geskat, Die republikeinse militêre verliese word op ongeveer 4 000 gesneuweldes bereken. Die aantal gewondes is onbekend, terwyl ongeveer 27 000 Boere 'n deel van die oorlog as krygsgevangenes in kampe in Suid-Afrika of elders deurgebring het. Van die burgerlike bevolking was ongeveer 116 000 Blankes en 115 000 Swartes in kampe gevange gehou. Die konsentrasie- of burgerkampe het 27 027 mans, vrouens en kinders as slagoffers geëis. Hierdie getal het ongeveer 14 000 kinders ingesluit. Die kampe vir Swartes het meer as 15 000 lewens geëis.

Keywords