Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1957)

Eiendom en sosiale heropbou— ’n Christelike siening.

  • B. van Deventer

DOI
https://doi.org/10.4102/koers.v25i1.1979
Journal volume & issue
Vol. 25, no. 1

Abstract

Read online

Die begrippe eiendom en eiendomsbesit staan vandag in ons twintigste-eeuse industrieel ontwikkelde gemeenskap ongetwyfeld in diebrandpunt van belangstelling. Aan die een kant het ons die opvatting van die kollektiviste, wat openlik verkondig dat die eiendom uit die hande van die individu geneem moet word en dat dit moet oorgaan in die hande van die staat. Aan die ander kant kry ons weer die opvatting van die individualiste, wat die mening toegedaan is dat die eiendom aan die individu behoort waarmee hy geheel en al na eie goeddunke kan handel. Die vraag is nou: watter houding moet ons as Christene inneem teenoor die eiendom waaroor ons as gemeenskap beskik ?