In die Skriflig (May 1980)

Die beginsel in Art. 30 K.O.

  • B. Spoelstra

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v14i55.765
Journal volume & issue
Vol. 14, no. 55
pp. 3 – 12

Abstract

Read online

Ons projekteer dikwels ons ideale as werklikhede. So gee ons dikwels op grond van die beginsel van ‘soewereiniteit in eie kring’ voor dat die kerklike selfstandigheid en onafhanklikheid van die sosiale en politieke werklikhede bestaan en behou moet word. Dit kan soms die geval wees, maar in werklikheid word die kerklike struktuur en praktyk deur kontemporêre opvattings en gebruike gemaak. So het die Rasionalisme en Liberalisme die Kerkordes van De Mist (1804) en van Koning Willem I (1816) veroorsaak en opvattings oor staatstruktuur is vir kerkstruktuur gebruik.