Curationis (Sep 1980)

Beplande verandering

  • L.R. Uys

DOI
https://doi.org/10.4102/curationis.v3i2.258
Journal volume & issue
Vol. 3, no. 2
pp. 43 – 47

Abstract

Read online

Vrandering is deel van die lewe; dit is nie so dat ’n mens kan kies of verandering in sy organisasie sal plaasvind al dan nie. Tegnologiese, sosiaal-kulturele, ekonomiese, opvoedkundige, filosofiese en ander veranderinge vind in die samelewing plaas en werk in op enige sisteem wat daarbinne voorkom. Wanneer verandering geignoreer word, neem dit sulke afmetings aan dat krisisse en katastrofes plaasvind. Dan word die een ad hoc-“oplossing” na die ander aangegryp, gate word toegestop, tydelike maatreëls word getref en daar word oor die algemeen opgetree in ooreenstemming met die spreekwoord wat sê: “’n benoude kat maak benoude spronge”. In teenstelling daarmee kan verandering as onafwendbaar aanvaar word en kan realisties en sistematies daarvoor beplan word. Beplande verandering is die gevolg van ’n doelbewuste besluit om verbeteringe aan te bring in ’n sisteem en dit word bereik met behulp van professionele leiding. (Spalding, 1958).