In die Skriflig (Jun 1993)

Gesprek oor ons moraliteitskrisis

  • J. H. van Wyk

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v27i1.1447
Journal volume & issue
Vol. 27, no. 1
pp. 125 – 134

Abstract

Read online

In ’n gesprek oor ons moraliteitskrisis moet tussen moraal en moraliteit - en ook tussen sede en sedelikheid - onderskei word. Moraal (sede) is wat die mens nou eenmaal dóén en moraliteit is wat die mens behóórt te doen of nié behoort te doen nie. Hierdie behorensmatige aspek raak egter nie net die mens se konkrete dade nie, maar ook dit wat daaraan voorafgaan, naamlik gesindheid, én dit wat daaruit voortvloei naamlik die gevolge van sy dade. Omdat die mens ’n relasionele wese is, kan hy immoreel optree in sy verhouding tot God en sy medemens maar ook teenoor die natuur.