Literator (Apr 2000)
Hoe om (soos iemand anders) te skryf: Oor vakmanskap en die skryf van gedigte
Abstract
Die skryf van dié tipe artikel is altyd ’n gevaarlike onderneming: dit is onvermydelik voorskriftelik (en as sodanig druis dit in teen alles wat ek in verband met poësie geleer het), dis beperkend, patroniserend, laat nie genoeg speelruimte vir die individuele talent nie, en is ook noodgedwonge vereenvoudigend van iets so kompleks soos die skryf van ’n gedig. Daar is geen reëls in die poësie nie. Wys my 'n reël en ek wys jou ’n gedig wat dit skitterend oortree. Ek storm nietemin in waar engele huiwer om voet neer te sit, want ek glo dat niks op aarde werklike talent kan onderkry nie.
Keywords