In die Skriflig (Jun 1986)
Het ons kerk-wees in strukture gestol?
Abstract
Die kerk plaas ons in die grond van sy bestaan as liggaam waarvan Christus Hoof is, voor ’n misterie. Hoewel die Skrif soms na die kerk in betreklik gelykblywende of statiese beelde verwys (tempel, gebou), is die dominerende profiel dié van ’n lewende organisme, ’n koinonia van mense (Spoelstra 1978; 23—35). Die liggaam van Christus het natuurlik ”n institusionele aspek, ruggraat of torso wat in die ingestelde dienste (ampte) gegee is (1 Kor 12:28, Ef 4:11 v ). Dit gee egter geen reg om van die kerk dualisties in terme van organisme en instituut of as dinamies en staties te praat nie.