Literator (May 1983)
Tipering as literatuurwetenskaplike beskrywingsmetode
Abstract
Uit die lees van resensies en literêre beskouinge van die afgelope twee tot Drie dekades blyk dit dat resensente en kritici ’n probleem ondervind om die moderne Afrikaanse kort prosastuk te tipeer. Waar Afrikaanse kort prosastukke voor die verskyning van 21 van Jan Rabie in 1956, maklik as “kortverhaal”, “skets”, “essay” of “novelle” getipeer kon word, is dit blykbaar deesdae al moeiliker om hulle te kategoriseer. Chris Barnard (1973:91) voer ’n moontlike rede hiervoor aan as hy sê: “Die vorm het vloeibaarder geword ... die grondstof (het) in die meeste gevalle verander.”