Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Dec 2024)
’n Reformatoriese Kindbeskouing: In watter mate kom dit tot sy reg in die Suid-Afrikaanse Onderwysreg en -Jurisprudensie?
Abstract
'n Opvoedingsfilosoof en ’n onderwysregskundige span kragte saam om vas te stel tot welke mate die kernaspekte van ’n Reformatoriese kindbeskouing tot hul reg in die internasionale en Suid-Afrikaanse onderwysregsbestel kom. Die eerste deel van die artikel verskaf ’n filosofies-Reformatoriese kinderantropologie as prinsipiële grondslag, tesame met rigtingwysers vir die daaropvolgende (onderwys)regtelike ondersoek. Die ondersoek bring aan die lig dat Reformatoriese opvoeders in die huidige tydsgewrig nog taamlik rustig en tevrede kan wees met hoe die (onderwys)reg en -regspleging in Suid-Afrika ten opsigte van die belange van kinders behartig word. Daar was egter in die onlangse verlede verwikkelinge wat op gevaar dui, tesame met sake wat in die toekoms meer aandag sal moet geniet. A Reformational view of the child: To what extent is justice done to it in international and South African pedagogical jurisprudence? ABSTRACT A philosopher of education and an education law expert join forces to establish to what degree justice has been done to the core aspects of Reformational child anthropology in the current international and South African education jurisprudence system. The first part of the article provides a philosophical Reformational child anthropology as a foundational basis, together with guidelines for the subsequent (education) legal investigation. The investigation reveals that Reformational educators could be relatively content, for the time being, about how (education) law and jurisprudence in South Africa concerning children are administered. However, there have been recent developments indicating danger, along with matters that will require more attention in the future.