In die Skriflig (Jun 1985)

Die Neo-Marxistiese Politieke Teologie

  • J. M. Vorster

DOI
https://doi.org/10.4102/ids.v19i75.1252
Journal volume & issue
Vol. 19, no. 75
pp. 2 – 15

Abstract

Read online

Die uitdrukking: Neo-Marxistiese Politieke Teologie is ’n versamelterm van al die kontemporêre teologiese strominge wat met die moderne samelewingsvraagstukke as hermeneutiese uitgangspunt en die Neo-Marxisme as polities-ideologiese voedingsbron die Bybel en die Christelike geloof interpreteer as ’n politieke kritiek en ’n sosiaalmaatskaplike verlossingsleer. Die belangrikste oorsese eksponente van hierdie rigting is Cox, Moltmann, Metz, Solle, Shaull, Fierro en Gutierrez. In Suider-Afrika word hierdie Teologie uitgebou en in die Suid-Afrikaanse konteks toegepas deur teoloë soos Banana, Boe­sak en Tutu.