Curationis (Sep 1980)
Die getroude vrou in die verpleegberoep
Abstract
Om enigsins reg te laat geskied aan ’n omvattende onderwerp soos “die getroude vrou in die verpleegberoep” moet van naderby gekyk word na die volgende: 1. Waarom getroude vroue in die verpleegberoep as ’n groep van belang beskou word. 2. Die eise wat die gesin aan die vrou stel. 3. Die eise wat die vrou aan haarself stel. 4. Die eise wat die beroep aan die getroude verpleegkundige stel. 5. Die eise wat die getroude verpleegkundige aan die beroep stel. 6. Verantwoordbare voorstelle wat mag help om te voldoen aan sommige van die getroude vrou en die werkgewer se eise.