Curationis (Sep 1999)

Evaluering van die kwaliteit van verpleegsorg in enkele tehuise vir bejaardes in die Oranje-Vrystaat

  • PP du Rand

DOI
https://doi.org/10.4102/curationis.v22i2.716
Journal volume & issue
Vol. 22, no. 2
pp. 20 – 26

Abstract

Read online

‘n Ondersoek is onderneem om die kwaliteit van verpleegsorg in enkele tehuise van bejaardes in die Oranje- Vrystaat te evalueer. Tien tehuise is besoek en 45 bejaardes is geobserveer. Data is met behulp van ‘n gestandaardiseerde instrument versamel. Daar is bevind dat noodsaaklike fiesieke behoeftes soos higiëne en voeding die nodige aandag geniet het. Aspekte soos stimulasie, sosialisering, realiteitsoriëntasie, gewoonte-opleidingsprogramme en oefening het egter nie voldoende aandag ontvang nie. Op grond hiervan blyk dit dat daar ‘n benadering van bewaarsorg gevolg word in tehuise vir verswakte bejaardes.