Lexikos (Sep 2012)
The Structure of an Afrikaans Collocation and Phrase Dictionary
• Anna Nel Otto
DOI
https://doi.org/10.5788/8-1-953
Journal volume & issue
Vol. 8, no. 1
Abstract
Read online
In this article an Afrikaans collocation and phrase dictionary for mother-tongue speakers (primary target group) as well as advanced learners (secondary target group) is discussed. The position which such a dictionary occupies among other dictionary types is pointed out. A motivation is also given for the inclusion of idioms and other fixed phrases in the proposed dictionary. The three key approaches with regard to the interpretation of the term collocation are examined, i.e. the text-oriented approach of Halliday and Hasan (1976), the statistically-oriented approach of Sinclair (Collins Cobuild) and the significance-oriented approach of Hausmann (1984). The arguments in this article favour Benson et al.’s (1986) implementation of the significance-oriented approach. Statistical evidence could be used to examine the usage frequency of collocations and phrases. The advantages and/or disadvantages of these approaches are considered. Three types of words and their treatment in the dictionary are discussed: those which have a very wide range of combination, those which have selectional restrictions imposed by general semantic features, and those of which the range of combination is restricted by certain other words. It is argued that only the last two types should be included in this dictionary. As one of the target groups is unsophisticated learners with a limited grammatical background, the ideal would be to enter lexical collocations both at their bases and at the collocators. To save space however, more information such as examples could then be provided at the bases only. Grammatical collocations should be entered at the bases, i.e. nouns, verbs and adjectives. The division of the dictionary articles into two components to meet the needs of both intended target groups, is discussed.
In hierdie artikel word 'n Afrikaanse kollokasie- en frasewoordeboek vir sowel moedertaalsprekers (primêre teikengroep) as gevorderde aanleerders (sekondêre teikengroep) beskryf. Die plek wat so 'n woordeboek inneem naas ander woordeboektipes word uitgewys. 'n Motivering word ook gegee vir die insluiting van idiome en ander vaste uitdrukkings in die voorgestelde woordeboek. Die drie hoofbenaderings met betrekking tot die interpretasie van die term kollokasie word ondersoek, d.i. die teks-georiënteerde benadering van Halliday en Hasan (1976), die statisties-georiënteerde benadering van Sinclair (Collins Cobuild) en die betekenis-georiënteerde benadering van Hausmann (1984). Die voor- en nadele van hierdie benaderings word oorweeg. Die argumente in dié artikel gee voorkeur aan Benson et al. (1986) se toepassing van die betekenis-georiënteerde benadering. Statistiese gegewens sou gebruik kon word om die gebruiksfrekwensies van kollokasies en frases te ondersoek. Drie tipes woorde en hul hantering in die woordeboek word bespreek: dié wat met 'n baie wye reeks woorde kan verbind, dié waarvan die seleksie beperk word deur algemene semantiese kenmerke en dié wat slegs met sekere ander woorde kan verbind. Daar word geargumenteer dat net laasgenoemde twee tipes in dié woordeboek opgeneem word. Aangesien een van die teikengroepe ongesofistikeerde aanleerders met 'n beperkte grammatiese kennis is, is die ideaal dat leksikale kollokasies sowel by hul basisse as by die kollokators opgeneem word. Om ruimte te bespaar, kan meer inligting soos voorbeelde dan slegs by die basisse verskaf word. Grammatiese kollokasies behoort by die basisse, d.i. selfstandige naamwoorde, werkwoorde en adjektiewe, opgeneem te word. Die verdeling van die woordeboekartikels in twee komponente om in die behoeftes van al twee die bedoelde teikengroepe te voorsien, word bespreek.
Keywords