Lexikos (Oct 2011)

Pharos Speller: Speltoetser en Woordafbreker vir Afrikaans

  • Phillip Louw

DOI
https://doi.org/10.5788/11--860
Journal volume & issue
Vol. 11

Abstract

Read online

Van dieselfde uitgewer as Pharos Woordeboeke/Dictionaries 5 in 1 kom die Pharos Speller: Speltoetser en Woordafbreker vir Afrikaans (voortaan Pharos Speller). Ook met hierdie produk bied Pharos innoverende taalleiding vir die Afrikaanse taalgebruiker. Pharos Speller is vinniger en omvattender as enige voorganger en skakel sonder moeite met vier produkte binne Microsoft Office. Dit neem dieselfde vorm aan as die verstekspeltoetsers in verskeie tale vir Microsoft Office, en het duidelik gebaat by die samewerking tussen Pharos en Polderland Language and Speech Technology wat die leweransier van die Nederlandse verstekspeltoetser is.