Verbum et Ecclesia (Aug 1986)

Die Belydende Kring en <I>ABRECSA</I> en hulle invloed op kerklike verhoudinge in Suid-Afrika

  • D. Crafford

DOI
https://doi.org/10.4102/ve.v7i1.942
Journal volume & issue
Vol. 7, no. 1
pp. 13 – 23

Abstract

Read online

Op 19 en 20 Mei 1975 het 'n groep predikante van die NGKA en NGSK in Bloemfontein vergader en besluite geneem oor kerkvereniging in die familie van NG Kerke. Die organiseerders het die byeenkoms aangekondig as die "eerste Algemene Sinode van die Susterskerke". Die vergadering was ook bedoel om 'n strategie van optrede uit te werk vir die komende Algemene Sinode van die NGKA. Die vergadering het die organiese vereniging van die NG Kerke aanbeveel maar dan op voorwaarde dat die verenigde kerk apartheid (afsonderlike ontwikkeling) sal verwerp as 'n dwaling en 'n sonde.