Contree (Sep 1999)

The roots of contemporary governmental and non-governmental environmental activities in South Africa, 1654-1972

  • Phia Steyn,
  • Andre Wessels

DOI
https://doi.org/10.4102/nc.v45i0.467
Journal volume & issue
Vol. 45, no. 0

Abstract

Read online

Ten einde die eietydse regerings- en nieregerings-omgewingsaktiwiteite in Suid-Afrika na behore te kan begryp en te kan beoordeel, word in hierdie artikel 'n evaluerende oorsig gegee van die ontstaan en ontwikkeling van "environmentalism" in Suid-Afrika vanaf 1654 (toe die eerste maatreëls ingestel is om die omgewing vanaf staatsweë te bewaar) tot en met 1972 (toe die United Nations Conference on the Human Environment te Stockholm wêreldwyd 'n nuwe era in die geskiedenis van "environmentalism" ingelui het). Vier fases in hierdie ontwikkelingsgeskiedenis is geïdentifiseer, naamlik 'n lang periode van wetlike beskerming (1654-1883), 'n periode toe naas privaatbelange daar talle wildresevate en nasionale parke geproklameer is (I883-1937), die era toe daar van proteksionisme na die bewaring van natuurlike hulpbronne beweeg is (1937-1965), en ten slotte 'n kort periode wat as 'n omgewingsrevolusie tipeer kan word (1965-1972).

Keywords