South African Journal of Communication Disorders (Dec 1970)

Kortikale Komper-Oudiometrie - "Electric Response Audiometry (ERA)"

  • I. S. Hay

DOI
https://doi.org/10.4102/sajcd.v17i1.423
Journal volume & issue
Vol. 17, no. 1

Abstract

Read online

Die nuutste objektiewe oudiometriese metode wat vandag wêreldwyd aanvaar is, is die Kortikale Komper-oudiometrie. Dit maak gebruik van 'n gespesialiseerde komper wat die elektriese response wat in tyd aan die stimuli gebonde is, sommeer tot 'n identifiseerbare respons. By die volwassene het die gesommeerde vertekspotensiaal 'n golfvorm wat min verskil van een indiwidu tot 'n ander. By die kind onder sewe jaar oud, en veral in die slaaptoestand, is die golfvorm minder konstant. Vanwee die steurende effek van spierbewegings op die kortikale respons, is dit verkieslik dat die jong aktiewe kind met kalmeermiddels tot 'n slaaptoestand gebring word. Na die sommering van 'n voorafgekose aantal response, word die gesommeerde response uitgeskryf om 'n permanente rekord te vorm. Deur superponering kan die resultate by verskillende frekwensies en intensiteite vergelyk word deur hulle oor 'n sterk lig te hou. Vergelykbare response word as positief geïdentifiseer en die drempel geskat volgens die laagste intensiteit waar positiewe response sigbaar is. Wanneer 'n standard golfvorm nie verskyn nie, word gesoek na die kenmerkende golfvorm vir die betrokke indiwidu.