Scientia Militaria (Feb 2012)
Die SAW en Bewaring / The SADF and Conservation: PROKLAMERING VAN GREEFSWALD 37 MS ZOUTPANSBERG TOT 'N NASIONALE GEDENKWAARDIGHEID
Abstract
Die plaas Greefswald is in 1871 deur die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek aan Frederik Willem Claus "as a Deed of Grant" gegee. Na heelwat wisseling van eienaarskap het E.E. Collins die plaas op 24 Desember 1929 gekoop. Hy het blykblaar nie voltyds op die plaas gebly nie.Na die argeologiese ontdekking van Mapungubwe op die plaas, is die plaas, vanwee vertoe deur die Universiteit van Pretoria, in Mei 1933 deur die Staat aangekoop en "vir open bare doeleindes voorbehou."Volgens 'n brief van die Departement van Lande was die plaas tussen 1933 en 1944 onder beheer van die Kommissie tot Behoud van Natuurlike en Historiese Gedenkwaardighede en Oudhede - die voorganger van die huidige Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede - en 'n Argeologiese Komitee van die Universiteit van Pretoria.
Keywords