South African Journal of Communication Disorders (Dec 1987)
'n Ondersoek na die ekspressiewe kommunikasievermoëns van premature hoërisikokinders
Abstract
Die ekspressiewe kommunikasievermoëns van ses Afrikaanssprekende hoërisikokinders tussen die ouderdom dertig tot sewe-en-dertig maande is geevalueer aan die hand van die drie taaldimensies, naamlik taalvorm, taalinhoud en taalgebruik, aangesien kliniese bewyse daarop dui dat vertraagde taalontwikkeling meer algemeen onder premature hoërisikokinders voorkom. 'n Beeld van die ekspressiewe kommunikasievermoens van die kinders is verkry, en daar is gevind dat die proefpersone 'n beperkte ekspressiewe woordeskat sowel as 'n ontwikkelingsagterstand van ekspressiewe kommunikasievermoëns vertoon. Die belang van die rol van die spraakterapeut m die vroeë identifisering, evaluasie, behandeling en opvolg van die kommunikasievermoëns van premature jong kinders, word deur die bevindings van hierdie studie beklemtoon.