Literator (Mar 2014)

<i>Nadsat</i>: Die ossilasie van leserbetrokkenheid en -afkeer

  • Natasha E. Ravyse

DOI
https://doi.org/10.4102/lit.v35i1.433
Journal volume & issue
Vol. 35, no. 1
pp. e1 – e5

Abstract

Read online

Hierdie artikel ondersoek die ossilasie tussen leserbetrokkenheid en -afkeer by die lees van A clockwork orange deur Anthony Burgess. Ek voer aan dat nadsat as doelgemaakte taal tot ’n toestand van leserbetrokkenheid lei, wat deur middel van ’n motiveringstruktuur van lees-vir-plesier ‘vloei’ in die leesproses bewerkstellig. Lesernuuskierigheid versterk die gevoel van vervulling wat die bemeestering van nadsat meebring, positief. Leserafkeer vind plaas met die verstaan vannadsat. Afkeer word veroorsaak deur die wreedaardigheid wat deur die nadsat-narratief gekommunikeer word. Hierdie afkeer veroorsaak egter nie dat die leser ophou met lees nie, maar dien as sensasiebeluste motivering om aan te hou met lees. Hierdie soort motivering word as negatiewe versterking beskou. Beide motiveringstrukture (positiewe en negatiewe versterkers) veroorsaak die ossilasie tussen leserbetrokkenheid en -afkeer as deel van die leeservaring wat A clockwork orange bied. Die doel van hierdie artikel is om die ossilasie tussen leserbetrokkenheid en -afkeer te verduidelik volgens die teoretiese raamwerke wat hierbo aangedui is.

Keywords