Koers : Bulletin for Christian Scholarship (Mar 1980)
Ontwikkeling binne plurale samelewings
Abstract
Die ontwikkelingsadministrasie is ’n betreklik nuwe gesig in die vergadering van akademiese dissiplines. En soos wat dit maar met alle nuwelinge gaan, moet ook hy maar soms geniepsige pikke verduur van dissiplines wat reeds ’n status in die aka demiese pik-orde verwerf het. Bepaaldelik is daar sommige beoefenaars van die Publieke Administrasie watsoms(en stellig in ’n oomblik van onhelderheid!) meen dat dié nuweling as indringer uit sý akademiese ruimte geboender moet word (vgl. Cloete, 1979). Dié stiefmoederlike behandeling is haas onbegryplik - veral gesien in die lig van die noodwendige differensiasie van vakwetenskappe met die oog op die ontginning van die werklikheid én die feit dat niemand minder nie as Pu blieke Administrasie self die vaderskap van Ontwikkelingsadministrasie moet aan- vaar.