Lexikos (Oct 2011)

Voorwoord/Foreword

  • J.C.M.D. Du Plessis

DOI
https://doi.org/10.5788/18--471
Journal volume & issue
Vol. 18

Abstract

Read online

>Die eerste uitgawe van Lexikos is aan mnr. D.C. Hauptfleisch by sy aftrede as hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) aangebied. Aangesien dit bedoel was as 'n eenmalige huldigingsbundel, het dit derhalwe geen uitgawenommer nie. Dit is eers daarna dat besluit is om daarmee voort te gaan as 'n jaarlikse tydskrif. Nou, 18 jaar later, word hierdie nommer van Lexikos aan die gedagtenis van mnr. Hauptfleisch opgedra wat op 14 Junie vanjaar oorlede is. 'n Huldeblyk aan hom verskyn op bladsye 417-419.