Health SA Gesondheid: Journal of Interdisciplinary Health Sciences (May 2013)

AIDS awareness and VCT behaviour: An application of the integrated model of behaviour prediction

  • Hilde Diteweg,
  • Adinda van Oostwaard,
  • Hugo Tempelman,
  • Adri Vermeer,
  • Melanie Appels,
  • Marieke F. van der Schaaf,
  • David J.F. Maree

DOI
https://doi.org/10.4102/hsag.v18i1.530
Journal volume & issue
Vol. 18, no. 1
pp. e1 – e10

Abstract

Read online

In order to limit the expansion of the HIV and AIDS epidemic in South Africa, it is important to develop targeted prevention strategies. The voluntary HIV counselling and testing (VCT) programme appears to be effective for preventing the spread of the HI virus. This study adapted guidelines of the integrated model of behaviour prediction (IMBP) into a questionnaire and examined the extent to which it predicts behaviour. A sample of 92 sports team members from Limpopo ranging from 14 to 30 years of age completed the questionnaire. Results suggested that beliefs about the outcomes of behaviour and beliefs about the expectations of others had a direct influence on the intention to undergo HIV counselling and testing. Efficacy beliefs, namely beliefs that there are factors that can facilitate behaviour, can lead to actual testing behaviour if accompanied by self-efficacy. Knowledge, intention and stigma are not related to VCT behaviour. Findings show that some constructs influence intention and test behaviour, but in ways not predicted by the model. Thus, the adequacy of the IMBP to determine HIV and AIDS-preventative behavioural intentions is questioned. Dit is belangrik om doelgerigte voorkomende strategieë te ontwikkel om die verspreiding van MIV en VIGS in Suid Afrika te bekamp. Die vrywillige MIV-voorligtings- en toetsingsprogram (VVT) blyk effektief te wees om die verspreiding van die MI virus te stuit. In hierdie studie is ʼn vraelys ontwikkel wat op die geïntegreerde model van gedragsvoorspelling (GMG) gebaseer is. Die studie ondersoek die mate waarin die GMG gedrag kan voorspel. ʼn Steekproef van 92 sport spanlede van Limpopo tussen die ouderdomme van 14 tot 30 jaar, het die vraelys voltooi. Resultate toon dat oortuigings oor die uitkoms van gedrag en oortuigings oor die verwagtings van ander ‘n direkte invloed uitoefen op die intensie om VVT te ondergaan. Oortuigings dat daar faktore is wat gedrag kan fasiliteer het ‘n invloed op die intensie slegs as ʼn mens ook die gemak waarmee gedrag uitgevoer kan word insien. Kennis, intensie en stigma is nie verwant aan toetsgedrag nie. Die bevindinge toon dat sommige konstrukte wel intensie en toetsgedrag beïnvloed, maar nie op die manier wat die model voorstel nie. Resultate bevraagteken die vermoë van die GMG om MIV en VIGS- voorkomende gedragsintensies te bepaal.